Ope Dag by FARR

Ope Dag by FARR FARR (Foundation for Alcohol Related Research) het op 20 April 2016 hul kliënte, befondsers, departementele amptenare, lede van die gemeenskap en hul susterprojek in die Renosterberg Munisipaliteit genooi na ‘n Ope Dag waar FARR, De Aar se werksaamhede ten toongestel is. Hierdie dag het ook herstelwerk aan die FARR / Joan Wertheim Sentrum, befonds deur De Aar Solar Power en gevier. Mnr. Isak Visser en Me Marie Freddie het Emthanjeni Munisipaliteit verteenwoordig en Me Freddie en saam met Prof Denis Viljoen van FARR die lint geknip om die opgeknapte sentrum te open. Me Freddie het FARR gekomplimenteer op die belangrike bydrae wat hulle in die gemeenskap lewer aangemoedig om voort te gaan met hul opheffingswerk. Prof. Viljoen het vertel van FARR se werk in De Aar sedert hul aanvanklike uitnodiging om in die gemeenskap te werk in 2000. Mnr Bhekisizwe Landela van De Aar Solar Power het FARR verras met ‘n nuwe voertuig om kliënte te vervoer en die sleutel van ‘n splinter nuwe Quantum bussie aan FARR gemeenskapswerkers Anneline Tellis en Lungelwa Sonkwala oorhandig. Mnr Abner Wagenaar van Solar Capital het vertel van hul suksesvolle vennootskap met FARR om Fetale Alkohol Spektrum Afwykings te voorkom deur die Gesonde Moeder Gesonde Baba© program wat Solar Capital reeds sedert 2013 befonds. Aveng Ltd, befonds FARR se koskombuis en hule besturr kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie, maar Maria Phillip het names Aveng ‘n koek gesny wat kinders die middag by die koskombuis kon geniet. Leana Olivier, hoofuitvoerende beampte van FARR het vertel van die verskillende programme wat FARR aanbied met die oog op voorkoming en bewusmaking van Fetale Alkohol Spektrum Afwykings sowel as opleiding wat FARR aanbied. Kleuters wat elke dag deelneem aan die Vroeë Kinder Ontwikkeling program en die kinders wat gereeld by FARR eet en speel het kleur aan die program verleen met sang en dans items. Indien u enige navrae het oor FARR se werk in De Aar kontak gerus vir Lian-Marie Drotsky, Area Koordineerder by 053 613 1922.

de arr ope dag

FARR personeel van die De Aar en Renosterberg projekte voor die nuwe bussie geskenk deur De Aar Solar Power. Van Links: Lian-Marie Drotsky (De Aar); Yolandé Posthumus (Renosterberg) Lungelwa Sonkwala (De Aar); Rebecca Mitini (Renosterberg); Lena Rooi (De Aar); Maria Phillip (De Aar); Leonora Mouers(Renosterberg); Anneline Tellis (De Aar); Anna van Staden (De Aar); Geraldine Esau (De Aar); Leana Olivier (Hoofuitvoerende Beampte FARR, Nasionaal); Prof Denis Viljoen (Voorsitter van die Raad van Direkteure FARR)

de arr ope dag2

Gaste kon smul aan ‘n heerlike stukkie koek saam met ‘n koppie tee of koffie.

De Aar Ope Dag 3

FARR saam met befondsers Solar Capital en De Aar Solar Power. Van Links: Prof Denis Viljoen (FARR), Leana Olivier (FARR), Abner Wagenaar (Solar Capital); Lian-Marie Drotsky (FARR, De Aar) en Bhekisizwe Landela (De Aar Solar Power)