GEEN DRANK VIR SWANGER MA OM FAS TE KEER

Vrydag, Augustus 05, 2016 03:42

DIE inname van alkohol tydens enige stadium van swangerskap kan ’n baba skade aandoen.
Volgens MedlinePlus sluit dit die vroeë stadiums, wanneer ’n vrou nog nie eens weet sy is swanger nie, in.
Wanneer ’n swanger vrou drink, word die alkohol deur haar bloedstroom geabsorbeer en só bereik dit die ongebore baba.
Die alkohol is toksies en kan enige van die ongebore baba se organe beskadig en die brein is die kwesbaarste orgaan.
Alle kinders met fetale alkoholsindroom (FAS) het ’n matige tot ernstige graad van breinskade. Hierdie toestand is permanent en kan nie deur medikasie genees word nie…

Skade: Nie enige alkohol-inname tydens swangerskap is veilig nie. Foto: the-shame.co.uk